Empirisme

Empirisme is 'n filosofiese stroming waarin gestel word dat kennis uit die ervaring voortspruit. Die empirisme word tradisioneel beskou as 'n filosofie wat die teenoorgestelde verteenwoordig van die rasionalisme, wat die rede en die denke aanwys as vernaamste kennisbron. Dit verwerp ook alle filosofiese stromminge wat beweer aangebore kennis bestaan. Volgens die empirisme beskik die mens oor geen vorm van aangebore kennis nie en moet sy gees (gedagtes) beskou word as 'n skoon bladsy (tabula rasa). Die empirisme speel vernaamlik 'n rol in die epistemologie asook in die filosofie van die gees.

In die antieke filosofie kom al bepaalde vorme van empirisme voor in die werk van Aristoteles en Epikurus. 'n Werklike deurbraak sou die empirisme eers bekom in die 17de en 18de eeu in Groot-Brittanje met die Brits empirisme uitgewerk deur denkers soos Francis Bacon, John Locke, George Berkeley, David Hume en John Stuart Mill. Verdere vorme van empirisme vind mens ook in die positivisme van Auguste Comte, die pragmatisme van William James, die analitiese filosofie van Bertrand Russell, die logiese empirisme van Rudolf Carnap en die konstruktiewe empirisme van Bas van Fraassen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search